Baie geluk aan ons o/16-netbalspan wat hulle tot dusver vanjaar uitstekend van hul taak gekwyt het.

 

Hulle harde werk, deursettingsvermoë en spangees het daartoe gelei dat hulle ‘n plek in die Interdistrik-finaal verower het.

 

Ons is ongelooflik trots op hierdie besondere prestasie.