Die 1ste hokkiespan het gedurende die afgelope vakansie ‘n besonder suksesvolle toer na Camp Discovery onderneem. Die toer het aan die spelers die geleentheid gebied om waardevolle wedstrydervaring op te doen, hul vaardighede verder te ontwikkel en spanbande te versterk.

Die span het Callies met trots verteenwoordig en deurentyd goeie sportmangees, toewyding en deursettingsvermoë getoon. Ons is baie trots op hul prestasies en die wyse waarop hulle die skool se naam hoog gehou het.