In April het Callies se leerlinge en kollegas met swaar harte afskeid geneem van een van hul geliefde onderwysers.
 
Vir 20 jaar het mnr. SP Botha almal op hul tone gehou met sy aansteeklike energie en toewyding — dit was geen geringe taak om by hom by te bly nie.
 
Mnr. Botha se bydrae het veel verder as die klaskamer gestrek. Hy het nie net op die bestuurspan van die skool uitnemend presteer nie, maar hom ook onderskei as afrigter, skeidsregter en organiseerder van sport. Sy passie en betrokkenheid het ’n blywende indruk op leerlinge en kollegas gelaat.
 
Alhoewel hy steeds betrokke sal bly by die afrigting van rugby, word sy teenwoordigheid reeds gemis — in die klaskamer, op die stoepe en in die personeelkamer.
 
Callies wens u alle voorspoed toe met hierdie nuwe pad vorentoe. Ons is oortuig daarvan dat u dit, soos alles wat u aanpak, ’n groot sukses sal maak.
 
Mag die Here u en u gesin ryklik seën. 🙏