Baie geluk aan Danie de Wet (Graad 9) met sy uitstekende prestasie tydens die FRC 3 Provinces Cycle Challenge! 🚴‍♂️🏅

Danie het die besondere eer ontvang as die jongste fietsryer wat die uitdagende 3 Provinces-roete suksesvol voltooi het. Hy het oor twee dae altesaam 156 km afgelê — 106 km op dag 1 en 50 km op dag 2.

Hierdie merkwaardige prestasie getuig van deursettingsvermoë, dissipline en ware sportmangees.
Ons is ongelooflik trots op jou prestasie, Danie.

Mooi so! 👏🚴‍♂️