Op 1 Mei was dit Nasionale Skoolhoofdedag, en by Callies wil ons graag vir ons ongelooflike skoolhoof, Mev. Esmé Eksteen, spesiale erkenning gee. 
Baie dankie vir u aanhoudende harde werk, u positiwiteit en u entoesiasme. U strewe om dinge voortdurend te verbeter en om altyd die beste vir ons leerlinge en personeel te wil hê, u maak ’n groot verskil in ons skool.
Mev. C. Bezuidenhout en Mev. W. Mitchell, saam met ’n paar van ons leerlingraadseuns, het Mev. Eksteen so bietjie “ontvoer” tydens die oggend se personeelvergadering – amper ’n hartaanval veroorsaak!
Daarna is sy bederf met ’n heerlike, ontspanne ontbyt.
Baie dankie aan ons twee adjunkhoofde vir hierdie oulike en deurdagte inisiatief. Julle positiewe gesindheid en waardering beteken baie.
Mev., dankie vir alles wat u vir Callies doen – ons waardeer u opreg! 

