Netheid verseker trots, dissipline en selfvertroue wat onontbeerlike hoekstene vir kwaliteit onderrig vorm.

Die volgende beleid is dus geldig t.o.v. die leerlinge se voorkoms:

  1. LEERLINGE:

SEUNS:

Skooldrag:

  • Loodgrys skoolbroeke (kort of lank) word reg deur die jaar gedra. Die broekspype mag nie nouer gewerk word nie. Langbroeke moet die regte lengte wees – tot bo-op skoene.
  • Grys langkouse met die skoolkleure ingebrei, word saam met die grys broeke gedra.
  • Swart skoolskoene wat met politoer skoon en blink gepoets word met veters wat in die middel toegeryg kan word is die tipe skoen wat die leerlinge mag dra. Skerppuntskoene is ontoelaatbaar. Swart seemsleer of velskoene is ook ontoelaatbaar.
  • Dasse MAG in die somer gedra word, maar MOET in die winter gedra word.
  • In die winter is ʼn groen skooltrui toelaatbaar en ʼn skoolbaadjie verpligtend.
  • Slegs ʼn loodgrys T-hemp onder die skoolhemp is toelaatbaar (geen ander kleure).
  • ʼn Swart of bruin leerbelt moet gedra word.
  • Hemde moet te alle tye ingesteek wees.
  • ‘n Sweetpakbaadjie mag wel as skooldrag gedra word, behalwe Maandae wanneer die dra van die skoolbaadjie verpligtend is.

Hare:

    Die seuns se hare moet te alle tye as volg versorg wees:

  • Geen hare mag oor die ore gekam word of groei nie.
  • Geen kuif of ander hare mag in die oë hang nie.
  • Aan die agterkant, mag die hare nie aan die baadjie of hemp se kraag raak as die seun regop staan nie.
  • Hare mag nie ʼn wal vorm nie (in die nek).
  • Hare mag nie gekleur word nie.
  • Hare mag nie permanent gegolf word nie (“geperm”). Natuurlike krulhare moet kort gehou word.
  • Hare wat “gejel” word mag nie hoër as 2 cm staan nie.
  • Hare moet dieselfde lengte aan die kante en agterkant van die kop wees. (Geen “mohawk” of “mullet” style nie.) Kort styl – “combover”en “path cuts” is aanvaarbaar. Geen vorms of patrone mag in die hare ingesny word nie.
  • Geen “dreadlocks” word toegelaat nie.
  • Wanneer hare gevleg word mag dit nie in los toutjies in die nek hang nie.

Wangbaarde:

  • Wangbaarde mag net kom tot in die middel van die oor en moet te alle tye kort en versorg wees.
  • Baie belangrik –  Seuns moet skoon geskeer skool toe kom.

Juwele:

  • Seuns word slegs toegelaat om ʼn polshorlosie te dra.
  • GEEN rieme, armbande, ringe, kettings, drade of enige sogenaamde “versierings” is toelaatbaar nie.

 

MEISIES

Skooldrag (Somer):

  • ʼn Groen skool langbroek met geruite bloes met kort moue.
  • ʼn Groen romp met ʼn geruite bloes met kort moue. (Lang moue is nie toelaatbaar).
  • Die lengte van die romp moet 10cm van die grond af wees as die leerling kniel.
  • Wit skoolsokkies wat omgevou word en nie opgerol word nie.
  • Swart skoolskoene met bandjies of veters wat oor die voete vasmaak – geen balletskoen (“pumps”) is toelaatbaar nie. Geen swart velskoene is toelaatbaar nie.
  • Die skool se groen kleurbaadjie of moulose groen trui.
  • Hemde moet te alle tye ingesteek wees en nie omgevou nie.
  • ‘n Sweetpakbaadjie mag wel as skooldrag gedra word, behalwe Maandae wanneer die dra van die skoolbaadjie verpligtend is.

Skooldrag (Winter):

  • ʼn Groen langbroek
  • ʼn Geruite langmou hemp
  • ʼn Groen skooldas
  • Swart skoolskoene – geen balletskoen (“pumps”) is toelaatbaar nie. Geen swart velskoene is toelaatbaar nie.
  • Die skool se kleurbaadjie is verpligtend in die winter, ʼn skooltrui met die kleure ingebrei kan ook gedra word. Truie met ander kleure word nie by die skooldrag gedra nie.
  • ‘n Sweetpakbaadjie mag wel as skooldrag gedra word, behalwe Maandae wanneer die dra van die skoolbaadjie verpligtend is.

Hare:

  • Verlengstukke moet nie te dik wees nie en moet ten ALLE tye weggebind kan word.
  • Hare wat oor die kraag hang, moet vasgebind wees. Slegs een of twee ponies (gebind met rekkies).
  • Hare mag nie in die oë hang nie, of los in die nek nie.
  • Die hare mag nie gekleur word nie
  • Hare wat permanent gegolf is, moet versorg word en mag nie woes staan nie.
  • SLEGS groen, wit, geel of swart haarlinte en/of haarballetjies mag gedra word. SLEGS staal knippies en klein versierde haarknippies met die skoolkleure word toegelaat. Groen, wit, geel of swart laprekke word ook toegelaat.
  • Hare moet te alle tye netjies en versorgd voorkom en enige oordadigheid van blomme, linte, rekkies, knippies ens. is nie toelaatbaar nie.

Grimering:

  • GEEN grimering word toegelaat nie behalwe ‘n matige onderlaag.

Vingernaels:

  • Moet netjies versorg en kort wees. Mag nie oor die vingerpunte steek nie.
  • Slegs kleurlose naellak word toegelaat asook kleurlose gel naels.

Juwele:

  • Slegs ʼn seëlring en ʼn dames polshorlosie mag gedra word. GEEN ander juwele, ringe, ens.
  • Goue, silwer, wit diamant en pêrel “studs” is toelaatbaar, mits dit klein is en een per oor.
  • Slegs EEN oorring of “stud” per oor word toegelaat in die heel onderste gaatjie in die oor.
  • Ontoelaatbare juwele sal gekonfiskeer word.
  • Geen tongringe, neusringe of ander gesigsversierings.

Hoede:

  • Goedgekeurde Callies skoolpette en groen skool “beanies” in die winter word toegelaat. Skool “beanies” mag nie aan die kante opgerol word nie.

Kontaklense:

  • Geen gekleurde kontaklense word toegelaat nie.

 

  1. SPORTDRAG VIR LEERLINGE:

TOESKOUERS:

  • Toeskouers dra slegs skooldrag soos voorgeskryf na tuis of weg sportbyeenkomste.

ATLETIEKDRAG:

  • Die voorgeskrewe geel en wit frokkie saam met die swart atletiekbroekie (polly short).
  • Atlete wat deelneem aan veld- en baanitems mag ook die groen kortbroek van die skool dra i.p.v. die atletiekbroekie.
  • Voorgeskrewe skool sweetpakke mag ook hierby gedra word.
  • Donkergroen of swart “skipants” mag onder atletiekbroekie gedra word, maar nooit alleen.

NETBAL, HOKKIE, TENNIS:

  • Seuns en dogters moet die sportdrag dra soos voorgeskryf deur die afrigters.

KRIEKET:

  • Wit sportdrag of wit broekies met groen gholfhempies van die skool.
  • Groen/wit sonhoede of pette mag ook gedra word.

SOKKER:

  • Dra groen & geel sokkerklere van die skool of ʼn wit broekie en die Callies gholfhempie.

RUGBY:

  • Callies rugbytruie soos voorsien deur afrigters.
  • Groen of wit rugbybroekies soos voorgeskryf deur die afrigters.

 

  1. AFRIGTERS

Let op die volgende:

  • Slegs leerlinge van EERSTE SPANNE mag, nadat hulle toestemming van die Klerekomitee verkry het, die spesiale klere wat vir hulle ontwerp is, dra.
  • Daar is verder die vergunning dat bestaande skooldasse, bv., geborduur met die woorde “EERSTE TENNISSPAN” ook gedra mag word.
  • In alle gevalle MOET drag en dragveranderinge eers deur die Klerekomitee goedgekeur word.
  • Afrigters word vir die nakoming van hierdie klerereëls deur sy/haar span(ne) verantwoordelik gehou.