Baie geluk aan Lerato Lesenyego in Graad 8 met haar uitstekende prestasie by die Delta Junior Botswana Kampioenskap!

Om 1ste plek te behaal en vir die Ireland Champion of Champions te kwalifiseer, is ‘n besonderse prestasie.

Konsekwentheid en geestelike weerbaarheid is die sleutel tot sukses in ‘n driedaagse toernooi, en haar tellings bewys dit:

  • Dag 1: 92
  • Dag 2: 88
  • Dag 3: 94

Ons wens haar ook geluk met haar uitstaande prestasie by die SA Kids-toernooi wat by Huddle Park Gholfklub aangebied is.

Lerato het ‘n uitstekende rondte gespeel en ‘n indrukwekkende telling van 84 aangeteken om 1ste plek in die toernooi te verower.

Haar vermoƫ om onder druk gefokus te bly, het haar die topposisie op die puntelys besorg.

Baie goed gedaan, Lerato! Ons is ongelooflik trots op jou prestasies.