Welkom terug aan al ons ouers en leerlinge aan die begin van ’n nuwe skooljaar. Ons vertrou dat die vakansie vir elkeen ’n tyd van rus, hernuwing en voorbereiding vir die jaar wat voorlê was. Dit is vir ons ’n voorreg om elke leerder en ouer weer by die skool te verwelkom, en ons sien met verwagting uit na ’n jaar gevul met leer, groei, samewerking en nuwe geleenthede.

’n Baie hartlike welkom word ook gerig aan al ons nuwe ouers en leerlinge wat vanjaar by ons skool aansluit. In die besonder wil ons ons nuwe Graad 8-leerlinge verwelkom. Mag julle spoedig tuis raak in ons skoolgemeenskap en mag hierdie nuwe hoofstuk een wees van persoonlike ontwikkeling, akademiese vordering en positiewe belewenisse.

Ons sien uit na ’n jaar waarin ons, deur wedersydse respek, toewyding en samewerking tussen ouers, leerlinge en personeel, saam sal bou aan ’n veilige, ondersteunende en stimulerende leeromgewing. Ons wens elkeen ’n voorspoedige, suksesvolle en vervullende skooljaar toe.

Hartlike groete,
Mev. E.H. Eksteen