Baie geluk aan die nuutverkose VRL vir 2026/2027!

 

Dit is vir ons ‘n voorreg om julle geluk te wens met julle verkiesing tot die Verteenwoordigende Raad van Leerders. Hierdie prestasie getuig van die vertroue wat julle mede-leerders en onderwysers in julle leierskap, karakter en toewyding stel.

Mag julle hierdie verantwoordelikheid met integriteit, respek en ywer aanpak, en as positiewe rolmodelle dien wat ‘n betekenisvolle bydrae tot ons skoolgemeenskap lewer.

Ons wens julle alle sterkte en sukses toe vir die jaar wat voorlĂȘ en sien uit na die verskil wat julle gaan maak.