Hoërskool Carletonville Hekelklub – Erfenisdagprojek

 

As deel van Erfenisdagvieringe het die Hekelklub van Hoërskool Carletonville besluit om een van die bome op die skoolterrein met kleurvolle hekelwerk te versier. Hierdie projek is nie net ‘n viering van ons kreatiwiteit nie, maar ook van ons diverse kulturele erfenis – ‘n kunsvorm wat van geslag tot geslag oorgedra is.

Vir ons is hekelwerk meer as net ‘n stokperdjie – dit is ‘n vorm van artistieke uitdrukking en ‘n manier om gemeenskap en trots te bou.

Die volgende leerders het aan hierdie projek deelgeneem:
Emma Erens, Lameez Machado, Akhumzi Maqhingeni, Titilayo Adisa, Lesedi Mpongo, Kananelo Tsoene en Mej. Pretty Khoza.
Onder leiding van Mev. Elsabe J. van Rensburg.