Callies se Gholfdag is een van die belangrike geleenthede wat jaarliks plaasvind. Hoewel dit maande se beplanning en harde werk verg, is dit elke jaar ook ’n dag gevul met pret en samehorigheid.
Met opregte dankbaarheid wil Callies alle betrokkenes bedank vir hul bydrae tot die sukses van ons gholfdag. ⛳
Die dag is elke jaar ‘n besonderse sukses, en dit sou nie moontlik gewees het sonder die ondersteuning van ons borge, die deelname van spelers, en die toegewyde Callies-personeel nie. 🏌️
’n Spesiale woord van dank gaan aan Corné Bezuidenhout, die hooforganiseerder, wat met haar leierskap en entoesiasme weereens bewys het dat harde werk en pret hand aan hand kan gaan. 🗣️ 💪🎉
Ons wil ook graag ons waardering uitspreek teenoor Goldfields West Gholfklub vir hul gasvryheid, positiewe ingesteldheid en toegewyde ondersteuning. Julle vriendelikheid het ’n groot bydrae gelewer tot die sukses van die dag, en ons waardeer dit opreg.






