Ons visie is om die leerders te ontwikkel en toe te rus met leierskaps- en lewensvaardighede deur die genot en liefde vir die spel.
MISSIE
Ons missie is om ‘n veilige, genotvolle en regverdige omgewing te skep en om goeie verhoudings te bou deur middel van gedeelde leierskap en ondersteuning van ons mede-skoliere en ook ander skole.
Die kernwaardes wat ons by Callies toepas:
- Respek
- Pret vir almal
- Fisiese, geestelike en sosiale ontwikkeling
- Ontwikkeling van hokkievaardighede en -kennis
- Eerlikheid en integriteit
- Regverdigheid
- Veiligheid
Vir almal met ‘n talent vir hokkie en almal wat belangstel in hokkie, Callies is die een vir jou!!
OEFENTYE:
Dinsdae en Donderdae 14:30 – 16:30
SPORTDRAG:
0/14 – 0/16:
Groen Callies Uniform
Groen kort spanbroek
Groen hokkie kouse
Beskikbaar by die afrigter wanneer die speler die span haal en word aan einde van die seisoen ingehandig by die afrigter van die span.
1ste Span:
Groen top en swart rompie
Kort, swart spanbroek
Swart kouse
Beskikbaar by die afrigter wanneer die speler die span haal en word aan einde van die seisoen ingehandig by die afrigter van die span.
Seuns:
Geel Callies hemp
Groen Callies sportbroek
Groen Callies hokkie kouse
SPANNE, AFRIGTERS & SKEIDREGTERS:
o/14 – Me. S. le Roux
o/15 – Me. M. du Plessis
o/16 – Me. A. Muir
1ste Span – Me. N. Labuschagne & Mnr. H. Calitz
Seunsspan – Mnr. M. Grobbelaar
WEDSTRYDE:
4 April vs CJ (weg)
11 April vs Rand High (tuis)
17 April vs Jan de Klerk (weg)
25 April vs Wonderfontein (weg)
2 Mei vs Jan Viljoen (tuis)

