INLEIDNG
Taal is ʼn instrument vir denke en kommunikasie. Deur taal word kulturele diversiteit en sosiale betrekkinge gekonstrueer en uitgedruk. Die doeltreffende gebruik van taal stel leerders in staat om te dink en kennis te verwerf, hulle kreatiewe vermoëns en identiteit, asook gevoelens en idees uit te druk, in interaksie te tree met ander en om hul eie leefwêreld te bestuur.
KURRIKULUM
GRAAD 8 – 9
In hierdie fase moet leerders in staat wees om onafhanklik te redeneer en te debatteer oor belangrike vraagstukke. Leerder sal oor die twee jaar tekste lees en skryf wat progressief styg in hul moeilikheidsgraad. Leerders sal ook studiemetodes vir lewenslange leer ontwikkel. Hulle sal leer om verskillende tekste te lees en te interpreteer, hul leesspoed verbeter, tekste vluglees en opsom. Hulle sal ook leer om verskillende bronne soos woordeboeke, ensiklopedieë en die internet te gebruik en sodoende kritiese bewustheid van tekste en inligting ontwikkel. Hulle sal ook leer om verskillende bronne soos woordeboeke, ensiklopedieë en die internet te gebruik en sodoende kritiese bewustheid van tekste en inligting ontwikkel.
Kortverhale, dramas en gedigte word ook bestudeer.
GRAAD 10 – 12
Huistaal: Die leerders se huistaal word versterk en ontwikkel om sodoende die grondslag vir die aanleer van addisionele tale te vorm. Die kognitiewe vlak van die Huistaal is sodanig dat dit vir onderrig en leer gebruik kan word. Luister- en praatvaardighede word verder ontwikkel en verfyn, maar op hierdie vlak word klem op die ontwikkeling van die leerder se lees- en skryfvaardigheid geplaas.
Eerste Addisionele Taal: Die aanleer van ʼn Eerste Addisionele Taal bevorder veeltaligheid en interkulturele kommunikasie. Eerste Addisionele Taal konsentreer op bevoegdheidsvlakke wat benodig word vir doeltreffende leer oor die kurrikulum heen. Dit sluit die abstrakte, kognitiewe akademiese taalvaardighede in wat nodig is vir dink en leer. Die taalvaardighede, nl. luister, praat, lees/kyk en skryf/aanbied kry ewe veel aandag.
Hierdie kurrikulum (KABV) sluit die volgende doelwitte in:
verbreed en verdiep taalbevoegdhede wat alreeds in graad 8 en 9 ontwikkel is. Dit sluit die abstrakte taalvaardighede in wat nodig is vir akademiese leer oor die kurrikulum heen.
- Gebruik taal gepas in lewenstroue kontekste met inagneming van
- die teikengroep, doel en konteks.
- Gebruik taal met vertroue om eie idees, sienings en emosies uit te wees.
- druk en te regverdig ten einde selfstandige en analitiese denkers te
- Gebruik taal en verbeelding om menslike ervaring uit te beeld en te
- verken.
- Gebruik taal as ʼn instrument vir kritiese en kreatiewe denke.
- Druk beredeneerde opinies oor etiese kwessies en waardes uit.
- Werk krities met wye verskeidenheid tekste.
- Herken die ongelyke status van verskillende tale en taalvariëteite.
VOORGESKREWE WERK AFRIKAANS HUISTAAL 2016
Graad 10
Novelle: Die ongelooflike avonture van Hanna Hoekom – M. van der Vyver
Drama: Die potlooddief en die engel – A.S. van Straaten
Gedigte: eie keuse
Filmstudie: eie keuse
Graad 11
Roman: Droomdelwers – Esta Steyn
Drama: Op die planke my Japan
Gedigte: 10 Voorgeskrewe gedigte
Filmstudie: eie keuse
Graad 12
Roman: Manaka, plek van die horings – Pieter Pieterse
Drama: Trist (Mis) – Reza de Wet
Gedigte: 12 voorgeskrewe gedigte
Filmstudie: eie keuse
AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL 2016
Graad 10
Novelle: Droomvanger
Gedigte: eie keuse
Graad 11
Roman: Die kruppel engel – Zenobia Kock
Drama: Die laaste Karretjiegraf – Athol Fugard
Gedigte: Voorgeskrewe gedigte
Filmstudie: eie keuse
Graad 12
Kortverhale
Gedigte: Voorgeskrewe gedigte