Winterskool is ‘n aksie wat verpligte bywoning vereis van al ons matrikulante. Indien jy ‘n matrikulant is en nou hier lees sal jy verstaan dat na die Junie-vakansie jy slegs een of twee maande skool oor het en jou uurglas besig is om leeg te loop.

 

Winterskool vind gedurende die wintervakansie (Junie/Julie) plaas en strek oor minstens een week.

 

Gedurende hierdie tyd word alle matrikulante vriendelik verplig om die winterskool geleentheid by te woon. Hierdie is ‘n guldige geleentheid om hersiening te doen oor die eerste twee kwartale se werk asook remediëring te doen oor die afgelope Junie-eksamen.

 

Die graad-12 personeel hierby betrokke doen vooraf groot moeite met voorbereiding en klaswerk om die geleentheid aangenaam te maak. Winterskool strek oor minstens een week (gewoonlik die eerste twee weke van die vakansie).

 

Ouers van graad 12’s moet asseblief vooruit hul vakansiereëlings so tref dat dit nie inmeng met die winterskool nie, sou hulle met verlof wou gaan.