By Callies skep ons nie net een nie, maar drie geleenthede vir al die eksentrieke en vreemde karakters om deel te word van ons Afrikaanse en Engelse Toneelgroepe.

As die woorde “lights, camera, action” jou maak glimlag, is Callies se toneelgeselskap net die plek vir jou!  Ons lag saam, ons werk hard saam en ons speel die verhoë aan die brand..SAAM!  Kom leef jou talent uit en begin werk aan daardie Oscar drome.  Word deel van die geselskap waaroor die plaaslike Kunstefees, RACA-Eistedford en die ATKV- tienertoneelkompetisie nog lank gaan praat.

 

Die Afrikaanse toneelgroep het die volgende toekennings ontvang gedurende 2018:

Tydens die ATKV-Tienertoneelkompetisie ontvang die groep 4 sertifikate

Brons:IMG_4468

Amika Fourie  –  Beligting

Donne du Toit  –  Spel

Michaela Schreuder  –  Verhoogbestuurder

Silwer:

Ilze-Marie Oosthuizen  –  Klank

IMG_4446

Tydens die Carletonville Kunsfees ontvang hulle goud as die Beste Toneel vir 2018.

 

Tydens RACA (Randfontein eisteddfod) ontvang hulle ‘n Platinumtoekenning (90%-94%)

IMG_4672

 

Vir ons Engelse akteurs, Callies se verhoog wag vir jou.  Ons Engelse toneelgroep speel die verhoë elke jaar warm en ryg die pryse in by die plaaslike Kunsfees en by RACA-Eistedford met hulle unieke toneelstukke.

Die groep ontvang ‘n silwer sertifikaat by die Carletonville Kunsfees  en ‘n Goue sertifikaat by RACA.

IMG_4056

IMG_4078IMG_4094