“Wanneer toeriste na verskillende plekke reis om tyd saam met hulle familie of vriende te spandeer, om te ontspan, vir besigheid of selfs avontuur word dit Toerisme genoem. Die toerisme industrie is groot en kompleks waar elke sektor ontwikkel het as gevolg van toeriste se behoeftes wat die heeltyd verander.”

Het jy geweet dat ons land nou die groot 7 het en nie meer die groot 5 nie? Het jy geweet dat Suid-Afrika 6 oorgrensparke het? Wat is ‘n oorgrenspark vra jy?  Diè antwoorde en vele ander interessante feite kan jy te wete kom as jy Toerisme as ‘n vak kies. Aangesien Toerisme een van die hoogste verdieners van Bruto Binnelandse Produk is, word Toerisme deesdae beskou as die nuwe “goud” van Suid-Afrika. Volgens die nuuste statistiek word daar een nuwe werk geskep vir elke 12 toeriste wat Suid-Afrika besoek.

Toerisme is ‘n skoolvak sedert 1996. Dit het ook so ontwikkel as ‘n vak dat dit selfs op universiteite aangebied word, selfs ‘n honeursgraad, behalwe vir die teorie verbonde aan die vak is daar ook die geleentheid vir leerders om op dagtoere te gaan. Ons glo dat Toerisme prakties toegepas moet word en bevorder die meeste leer.

Die vak is vir positiewe, kreatiewe en avontuurlustige leerders. Leerder moet ‘n sterk belangstelling hê in Suid-Afrika – ons reënboognasie- en vir daardie leerders wat ‘n verskil wil maak deur middel van dienslewering.

Toerisme gee vir elke leerder die geleentheid om meer te leer van:

  • Toerisme as ‘n interverwante sisteem & hul rolspelers
  • Verantwoordelike & volhoubare Toerisme in hulle omgewing
  • Toerisme geografie, attraksies en reistendense
  • Kliëntediens & kommunikasie
  • Kulturele diversiteit
  • Buitelandse valuta
  • Gasvryheidsbestuur

Opwindende loopbane wat wag op Toerisme studente:

  • Toergidse
  • Toeroperateur
  • “Event management”
  • Konferensie koordineerder
  • Toerisme ontwikkelings bestuurder
  • Reisagent
  • Chefs, kelner, kroegman
  • Hotelbestuurders
  • Ontvangs by hotelle, gastehuise ens.
  • Hotel en spyseniering posisies

Die keuses is eindeloos!!