Tans het ons ‘n 1ste span en ‘n o/16 seunsspan asook ‘n dogterspan. 

Ons oefen elke Dinsdag en Donderdag.

Callies neem deel in ‘n liga met 5 ander skole in ons distrik. Die sokker seuns is werklik baie talentvol. Baie van hulle neem ook deel aan sokker by klubs in die omgewing en hulle vaar baie goed.

Ons het deelgeneem teen al die skole in die streek , en alhoewel ons nie al die wedstryde gewen het nie, kon nie een van die spanne ‘n groot telling teen ons kry nie. Die seuns het uitstekende spel gelewer en het baie vaardigheid en tegniek getoon asook baie dissipline. Die sokkerseuns van Callies is tops en hul gedrag op die veld uitstekend.

In 2016 het die o/16 seunsspan die liga gewen en ook deelgeneem aan ‘n sokkertoernooi by Potch Boys High in Potchefstroom.

Die meisiespan het een wedstryd gespeel teen die hoërskool Die Wilge.

Mnr. Attie en Dominique White kwyt hulle baie goed van hulle taak waar hulle Mnr. Lappies Labuschagne help met die afrigting van die spanne.

Wedstryde:

16 Maart vs Westonaria (Weg)

20 April vs CJ (Weg)

4 Mei vs Wonderfontein (Weg)

11 Mei vs Fochville (Weg)
IMG-20170317-WA0001

 

         IMG-20170330-WA0003                 IMG-20170330-WA0004