Is jy moontlik ‘n gebore Springbok, die volgende speler wat die Groen en Goud oor jou kop gaan trek? Maak Callies se Groen en Goud jou eerste stap.

 

In 2016 beleef Callies ‘n uitsonderlike rugbyjaar met twee van ons spanne wat baie goed vaar.  Die 1ste Span is Leeus naaswenners van die Verseker reeks en die 2de Span die Leeus wenners vir middel skole.

 

Spanne en Afrigters:

0/14  –  Mnre. D. le Roux en M. Lewitton

0/15  –  Mnre. J. Bezuidenhout en Mnr. J. Meyer

0/16  –  Mnre. C. Lewis en M. Fourie

2de Span  –  Mnre. G. Otto en H. Lodewyckx

1ste Span  –  Mnre. H. Maartens en SP Botha

 

Oefentye:

A-VELD B-VELD
Dinsdae:  14:30 – 16:00  (0/16) Dinsdae:  14:30 – 16:00  (0/14 & 0/15)
Dinsdae:  16:00 – 17:45 (1ste span) Dinsdae:  16:00 – 17:45  (2des)
Donderdae:  14:30 – 16:00  (0/16) Donderdae:  14:30 – 16:00  (0/14 & 0/15)
Donderdae:  16:00 – 17:45  (1ste span) Donderdae:  16:00 – 17:45  (2des)

 

Sportdrag:

0/14 – 2de Span speel met ‘n wit broek en groen Callies rugbykouse wat te koop is by Power Sports.  Truie word aan die spelers voorsien.

Die 1ste Span speel met ‘n groen broek en gestreepte rugbykouse.  Truie word aan die spelers voorsien.

 

Wedstryde:

25/3/2017  –  Sportdag Carel de Wet  (Weg)

3/4 – 8/4/ 2017  – Hansieweek Toer

22/4/2017  –  vs Goudrif (Tuis)

6/05/2017  –  vs Hoërskool President (Tuis)

13/05/2017  –  vs Alberton High (Weg)

20/05/2017  –  vs  Queens College (Weg)

26/05/2017  –  vs  Roodepoort  (Weg)

3/06/2017  –  vs Edenvale (Weg)

16/06/2017  –  Kwartfinaal Leeus

24/06/2017  –  Semi-finaal Leeus

29/07/2017  –  Finaal Leeus

Toer:

Die Rugby spanne  toer na Naboomspruit vanaf 3 April – 8 April waar hulle sal deelneem aan die Mauritz Hansen Rugbyweek (Hansieweek).  Die volgende spanne gaan toer:  0/14;  0/15;  0/16  en 1ste Span.