NETBAL

Netbal is ‘n spansport waarin twee seweledige spanne punte probeer aanteken deur ‘n bal deur ‘n korf te plaas. Die spel het in die Verenigde State as ‘n variant van basketbal  vir vroue ontwikkel.

Die eerste spelreëls is in 1895 deur Clara Gregorey Bear opgestel. Netbal word deur 20 miljoen speelsters in meer as 70 lande gespeel.  Dit is veral in die Britse Statebond ‘n gewilde sport.

Callies is baie gelukkig om hierdie sport as buitemuurse aktiwiteit aan te bied vir ons dogters.  Die netbalseisoen begin gewoonlik teen die einde van Februarie en strek tot aan die einde van die tweede kwartaal.  Die volgende ouderdomsgroepe neem deel aan die JOMO-liga:    0/14; 0/15; 0/16; 0/17; 2de Span en 1ste Span.

 

Bane:

Ons by Callies is saam die netbalorganiseerder Me. S. Vermeulen, die afrigters en netbalmeisies baie opgewonde oor die nuwe netbalbane wat aan die begin van die jaar opgegradeer is. 

 

Oefentye:

Op ‘n Dinsdag en Donderdag vanaf 14:00 – 16:00.

 

Sportdrag: 

Die netbalrokkie soos voorgeskryf in die kleredragreêls van die skool.  Hierdie rokkies word te koop aangebied by Power sports.  Netjiese tekkies en wit sokkies.

Die 1ste Span dra netbalrokkies wat deur die skool voorsien word.

 

Afrigters:

0/14A  Me. S. Vermeulen                              0/14B  Me. F. Marebe

0/15A  Me. M. Claassens                               0/15B  Me. B. Holton

0/16A  Me. D. v.d. Berg                                 0/16B  Me. C. Koekemoer

0/17  Me. C. Tarr                                             2de Span  Me. D. Rademan

1ste Span  Mnr. S. van Rensburg

 

Wedstryde 2017: 

Die eerste opwarmingswedstryd  vind plaas op 4 Maart 2017 by Hoërskool Wonderfontein.

20 April  –  vs  KHS (Tuis)

4 Mei  –  vs  Roodepoort (Weg)

11 Mei  –  vs  Maragon (Weg)

18 Mei  –  vs  Fochville (Tuis)

25 Mei  –  vs Bekker  (Weg)

30 Mei  –  vs Bastion (Tuis)

5 Junie  –  Distrik uitspele

7 Junie  –  Cluster uitspele

9 – 10 Junie  –  Streekskampioenskappe

 

 

 

IMG_0913  IMG_1362IMG_1354