Mnr. & Mej. Callies 2017

Graad 9, 10 en 11 meisies en seuns mag inskryf as debutante. ‘n Keuringsproses vind plaas waarna tussen tien tot vyftien seuns en meisies gekies word as debutante. Die debutante is verantwoordelik vir insameling van fondse vir die skool asook ‘n gemeenskapsprojek van eie keuse. Hulle mag in groepe van maksimum drie werk. Die gemeenskapsprojek word ook beoordeel en ‘n wenner word aangewys.

Deelname aan Mnr. & Mej. Callies is ‘n geleentheid waar verskeie vaardighede en selfvertroue ontwikkel word buiten die pret wat hulle ervaar..

Daar is verskeie elf kategorie-wenners.   Vir die meisies: Mej Callies, Eerste Prinses, Tweede Prinses, Mej Fotogenies, Mej Persoonlikheid en vir die seuns: Mnr Callies, Eerste Prins, Tweede Prins, Mnr Fotogenies, Mnr Persoonlikheid, asook ‘n algehele Debutant/e wenner.

‘n Gaskunsternaar tree op as die seremonimeester by hierdie geleentheid en dit is voorwaar ‘n hoogtepunt op die skoolkalender. Mnr. & Mej. Callies vind gewoonlik gedurende die eerste week van September plaas.

 

IMG_3049

 

IMG_3056