Lewenswetenskap is een van die meer interessante, opwindende en bruikbare vakke om te bestudeer.

In kort ondersoek ons die skepping in al sy fasette.

Lewenswetenskapstudies sluit in die gebruik van Wiskunde, Geografie en die Wetenskappe. Leerders geniet hulself tydens die studie, en laat hulle denke onbeheersd en vry hardloop terwyl hulle die asemrowendheid van lewe self ontdek.  Vaardighede wat ontwikkel word in lewenswetenskappe sluit in; grafieke, hipotese, berekeninge, opstel skryf, tabelle em interpretasie van data.

Die studie sluit alles in van die atmosfeer tot die mikroskopiese klein molekules in lewende organismes en hoe alles met mekaar verband hou.

Ons praat oor alles wat gebeur in die wêreld en die kennis is baie waardevol in die alledaagse lewe, maar ook baie noodsaaklik vir beroepe soos tandartse,  dokters , onderwysers, navorsers en nog baie meer. Lewenswetenskap is “super cool “!