Die spel van krieket klink nie net gekompliseerd nie, maar is inderdaad ‘n baie moeilike en ingewikkelde spel om te speel. Dit is juis hierdie kompleksiteit wat die spel so aanloklik maak vir duisende spelers regoor die wêreld.

Ook ons hier by Callies is al baie jare betrokke by hierdie unieke en uitdagende spel.

LIGASTRUKTUUR:

Slegs twee ouderdomsgroepe speel in verskillende afdelings naamlik:

1.Seniorgroep: (0/16 – 0/19) A en B Span

2.0/15-groep: (0/14 en 0/15) A en B Span

 

SPORTDRAG:

Junior Spanne speel met Callies hemp en Lang Witbroeke

Senior Spanne speel met wit Krieket hemp en Wit Langbroek

 

WEDSTRYDE:
Datums sal deurgegee word sodra dit ontvang is van die Wesrand Krieketunie.

 

Met nog ‘n seisoen voor die deur sien ons daadwerklik uit om kompeterend te wees met al 4 ons spanne.

Ons nooi alle ouers en belangstellendes uit om die reis te kom meemaak, van die eerste oefening tot die laaste wedstryd!!