As die ritme van die lewe in jou bloedstroom vloei en die klanke uit jou mond mense laat luister, is die skoolkoor jou tweede huis.

Ons skoolkoor sing ‘n storm los en maak honderde harte bly met hul pragtige sangtalent!

Die Koor is tans hard aan die oefen vir die jaarlikse Kunstefees en RACA-kompetisie.  Oefentye is Woensdae direk na skool in B1.

Die koorleier is Me. Esther Phale (Mamsie”).  Mnr. Stephan van Rensburg sluit ook by die koor aan hierdie jaar.  Me. Riana Raath is die organiseerder.