callies1Die agtergrond en geskiedenis wat gelei het tot die stigting van Hoërskool Carletonville kan terug gedateer word tot in 1896 – dit was die jaar toe die eerste privaatskool vir Carletonville en omgewing gestig is.

callies2

Met die uitbreek van die Anglo-Boereoorlog is die skool eers gesluit en eers na afloop van die oorlog is weer met ‘n skool begin; eers in ‘n tent. Later in ‘n sinkgebou. Hierdie skool is in 1910 gesluit.

Eers in 1924 word toe weer met ‘n skool begin. Hierdie skool het egter gesukkel en is in 1927 gesluit. In 1929 het Hollandse nedersetters hulle op die plaas Wonderfontein kom vestig. Hier is ‘n skool opgerig wat diens gedoen het van April 1929 tot Junie 1964.

Die skool begin eers met 21 leerlinge waarvan 9 Hollandse kinders was. Op 10 Oktober 1929 aanvaar mnr. K.J. Kerling sy werksaamhede as hoof.

In 1945 is met die aanleg van Carletonville begin, en op 30 Julie 1946 is die skool oorgeplaas na tydelike geboue op Carletonville. Die leerlingtal staan nou op 60 met 2 personeellede. Van die oomblik af het die skool net gegroei…

In Januarie 1949 staan die leerlingtal op 213 met 7 personeellede. Daar word nou besluit om aan Carletonville ‘n permanente skoolgebou toe te staan. Op 15 September is die nuwe gebou amptelik deur die administrateur, dr. W. Nicol geopen.

callies3Ondertussen het ontwikkelling plaasgevind wat dit nodig sou maak om hoërskoolfasiliteite te verskaf. In Januarie 1951 het hierdie skool ‘n groep II-skool geword met die toevoeging van standerd VII. Die jaar daarna is daar gevorder tot standerd VIII. Die getalle in die hoër afde1ing het so toegeneem dat die onderwysdepartement besluit het om aan die begin van 1953 ‘n aparte hoërskool te stig.

Op 7 Januarie 1953 is die nuwe hoërskool geopen met mnr K.J. Kerling as waarnemende hoof. Daar was 465 leerlinge uit albei taalgroepe met 24 onderwysers. Weens ‘n gebrek aan klaskamers  het Wes-Driefonteinmyn ‘n stellasie opgerig wat in klaskamers verdeel en met spoorwegseile bedek is. Terwyl die kinders in hierdie tent gehuisves is, is nuwe tydelike klaskamers deur onderwysdepartement opgerig. Op 7 Maart 1953 is die tydelike klaskamers betrek en op 4 Julie het Administrateur  W. Nicol die gebou amptelik geopen.

callies4Die eerste permanente hoof van die skool, mnr. J. Mahne, het in Januarie 1954 die teuels by mnr Kerling oorgeneem. Op hierdie stadium was hier 520 kinders en 26 personeellede.

In 1957 stig ‘n Engelsmedium groep 11-skool af -maar ten spyte hiervan het die skool nog in 1957 met 731 leerlinge begin.

callies6Na jarelange agitasie het die owerheid eindelik besluit om ‘n permanente skoolgebou op te rig en op 10 Oktober 1964 het ds. I. Roux as voorsitter van die beheerraad die eerste sooi gespit.

Die hoeksteenlegging is op 10 September 1965 waargeneem deur die destydse Direkteur van Onderwys, mnr. A.J. Koen. Eindelik was die gebou klaar en op 24 Januarie 1967 word die nuwe geboue betrek. Op 25 Augustus van dieselfde jaar het Administrateur Sybrand van Niekerk die skool amptelik geopen. Die nuwe skoolgebou het R588 000 gekos.

Aan die einde van 1972 het die Carletonville Hoër Handelskool gesluit en is die Afrikaanssprekende leerlinge na ons oorgeplaas. Daardeur het die skool weer eens uit sy nate gebars en moes tydelike klaskamers opgerig word.

callies8 callies7In Augustus 1973 is mnr. Mahne aan kanker oorlede -vyf weke voor hy met pensioen sou aftree.

In Januarie 1974 word mnr. F.J. Kotze as hoof verwelkom. In 1975 word hy egter aangestel as lnspekteur van Onderwys vir Afrikaans eerste taal HG en verlaat Callies. Dr. F J. Grobler neem waar as hoof tot met sy aftrede op 30 September 1975.

callies9Mnr G.A. Kruger neem die leisels as hoof by dr. Grobler oor. In Augustus 1981 aanvaar hy die hoofskap by Hoërskool Brits.

Mnr. S. Strydom wat adjunkhoof van Riebeeckrand was, word in Januarie 1982 die nuwe hoof van Callies. Op hierdie stadium is daar 66 onderwysers vir die 1415 leerlinge. In 1982 vermeerder die onderwysposte tot 74 met 1432 leerlinge op die tiende skooldag. Steeds groei die leerlingtal en op die tiende skooldag van 1985 is 1498 leerlinge ingeskryf en 77 is aan Callies toegeken. Nou bars Callies behoorlik uit sy nate – en nog is dit het einde niet: op die tiende skooldag van 1987 spog die skool met 1591 leerlinge waarvoor 81 onderwysposte toegeken is!

As mnr. Strydom op 29 Januarie 1988 op langverlof gaan, word mnr I.C. Pienaar (toe SAHS; tans hoof) as waarnemende hoof aangestel. Aan die einde van 1989 neem die skool afskeid van mnr. Strydom na agt vol en vrugbare jare.

callies10 Mnr . Pienaar word weer aan die begin van 1990 as waamemende hoof aangestel -en so begin ‘n nuwe era – die negentigs; die Carlie Pienaar-era! Hy begin op 2 Januarie 1991 as amptelike hoof. Mnr Carlie Pienaar het nie net die negentigs ingelei nie, maar dit was ook sy voorreg om Callies die nuwe millennium in te lei!

Veranderinge ten opsigte van die Departement van Onderwys en die hele skoolstelsel -Callies skakel in 1992 oor na ‘n Model-C skool en die skoolgeboue en terrein word nou die eiendom van die skool self en die beheerraad; rasionalisering, herontplooiing en die oortolligverklaring van vele puik (en byna onmisbare) onderwysers – aan die einde van 1995 moes vier personeellede gerasionaliseer word, op 1 April nog ‘n lid en aan die einde van 1996 ‘n verdere vier personeellede; groter klasse; die verandering na ‘n dubbelmediumskool – in 1997 word daar weer Engelstalige leerlinge ingeneem; die Gautengse Onderwysdepartement neem in 1997 die skoolgeboue en terrein oor en Callies word weer amptelik ‘n staatskool.

Personeel _ Staff  MEYER  A_ Export Port1 Small

 

Mnr. A. Meyer word aangestel as waarnemende hoof op 1 Augustus 2012 met mnr. Pienaar se aftrede.  Op 1 Oktober 2012 word mnr. Meyer aangestel as hoof.  Callies spog op hierdie stadium met 840 leerlinge en 42 onderwysers.

Ons ervaar op hierdie stadium dank ook die implementering van die CAPS Onderwyssisteem asook die integrasie van Engelse en Afrikaanse registerklasse van Gr. 10 – 12.