Chemie word opgedeel in drie hoof studievelde, naamlik:

  • Materie en materiale

Hierdie is die studie van die aard van die nie-lewende stowwe op aarde. Enige persoon wat iets ontwerp, ontwikkel of bou, moet verstaan hoe die benodigde materiaal sal reageer onder sekere toestande. Die aard van materiale is dus ‘n noodsaaklike studieveld vir enige siviele ingenieur, bouer of meganiese ingenieur.

  • Chemiese verandering

Die studie van alle tipes chemiese reaksies.   Chemiese ingenieurs, dokters en aptekers gebruik op ‘n daaglikse basis hul kennis oor chemiese reaksies.

  • Chemiese sisteme

Die studie van die chemie wat sekere natuurlike sisteme op aarde onderlê. Die globale Stikstof siklus is ‘n voorbeeld hiervan. Chemiese sisteme is ‘n studieveld wat lei tot die ontwikkeling van prosesse wat gebruik word om natuurlike hulpbronne op ‘n verantwoordelike wyse te benut. Dit sluit mynbou, prossessering van minerale en elektroplatering in. Kennis van hierdie sisteme is van belang vir, onder andere, mynbou ingenieurs, geoloë en landbou ingenieurs.

 

Die studie van Fisika word verdeel in die volgende hoof studievelde

  • Meganika

Die studie van enige iets wat beweeg. Projektiele, hefbome, resiesmotors; enige beweging kan wiskundig verduidelik, bereken en voorspel word deur meganiese beginsels. Die beroepsmoontlikhede gebasseer op meganika is eindeloos. Vlieëniers, meganiese technici en meganiese ingenieurs sluit daardie groepe in wat daagliks gebruik maak van meganika.

  • Golwe, klank en lig

Die studie van die aard van klank en lig. Hierdie studieveld word daagliks gebruik deur radioloë, audioloë, oogkundiges en ingenieurs in hierdie velde.

  • Elektrisiteit en magnetisme

Die studie van elektriese toestelle en stroombane. Dit onderlê die vakkennis wat daagliks gebruik word deur enige elektrisiën, elektriese ingenieur en elektriese tegnikus.

 

Vaardighede wat ontwikkel word tydens die studie van Fisiese Wetenskappe:

  • Ondersoek- en navorsingsvaardighede deur gebruik van die wetenkskaplike metode.
  • Redeneringsvaardighede, wat insluit die maak van logiese gevolgtrekkings gebasseer op wetenskaplike bewyse.
  • Wiskundige vaardighede, insluitend komplekse berekeninge en grafieke.
  • Laboratorium vaardighede.