“JESUS HAS THE FINAL WORD!!!”

 

Hierdie is ons leuse vir die CSV (Christelike Studente Vereniging) by Callies. Ons Hemelse Vader het deur sy Seun, dit moontlik gemaak vir ons om ‘n lewe in oorvloed te mag hê en oorwinning behaal in alles in die lewe wat ons onder kry!!

Wat ‘n voorreg om in ‘n skool te wees met hierdie Christelike beginsels en waardes!!

So wat doen ons by die CSV?

CSV personeel organiseer personeel wat elke oggend bid tydens ons personeel vergaderings. Hier bid ons vir ons skool, die personeel en ons kinders!!

  • Dinsdae en Donderdae gedurende pouse het ons dissipelskap byeenkomste waar ons dieper gesprekke het met mekaar oor God se Woord. Donderdae is daar ook Hebreeuse klasse!!!
  • Woensdae het ons ‘n GROOOT byeenkoms.  Ons sing, dans, luister na musiek en internasionale sprekers!!
  • Die CSV personeel probeer ook om 1 kamp elke termyn te hou waar ons vir ‘n naweek weggaan! Hoe AWESOME!!

 

Is jy al nuuskierig??!             Hoop om jou daar te sien!!!!