Ons het Donderdag, 12 Maart die verjaarsdag van ons hoof, Mev. Eksteen, met groot waardering gevier.

Ons wens u alle goedheid en guns uit ons Hemelse Vader se hand toe. Mag u nuwe lewensjaar ’n wonderlike, geseënde jaar wees, gevul met vreugde, krag en seën.

Ons by Callies is opreg dankbaar om ’n sterk, toegewyde vrou soos u as ons hoof te hê. U positiewe ingesteldheid, leierskap en inspirasie beteken baie vir ons almal.

Baie dankie, Mevrou, vir u voorbeeld en toewyding. Ons waardeer u opreg en wens u ’n geseënde nuwe lewensjaar toe. 🌷🙏