Daar is tydens ’n spoggeleentheid in ons skoolsaal op ’n gepaste en waardige wyse amptelik deur die personeel afskeid geneem van Mnr. en Mev. le Roux. Dit was ’n aand van kosbare herinneringe—’n aand van lag, maar ook van trane—gevul met samesyn en heerlike gasvryheid.
 
 
Ons kom aan die einde van die Le Roux-era by Hoërskool Carletonville. Hulle het diep en blywende spore by Callies getrap, nie net in die geskiedenis van die skool nie, maar ook in die harte van almal wat die voorreg gehad het om saam met hulle te werk en te leer.
 
Alhoewel ons met hartseer groet, is ons opreg dankbaar dat julle hierdie nuwe lewensfase saam kan aanpak. Mag julle elke oomblik daarvan geniet en ryklik geseën word op die pad vorentoe.