Hoërskool Carletonville is besonder trots op die volgende atlete wat  tydens die Gauteng Atletiekkampioenskappe in Germiston deelgeneem en presteer het.

 

Ons is in besonder trots op Mikayla Smit, wat uitstekend presteer het en gekwalifiseer het om aan die SA Atletiekkampioenskappe deel te neem in die o/17 Dogters 200 m en 4 x 100 m hekkies. Hierdie is ’n merkwaardige prestasie.

 

Ons wens ook Rian Mostert geluk met sy 8ste plek in die Seuns o/17 Diskus

 

Baie geluk aan Xolani Kotoi met sy 4de plek in die Seuns o/19 110 m hekkies.