Hoërskool Carletonville wil hiermee vir Diandie Coetzee (Gr. 9) hartlik gelukwens met haar besondere prestasies in ruitersport gedurende 2025.
Diandie het vyf eerste plekke en een tweede plek behaal tydens SANESA Saddle Seat-skoue – ’n merkwaardige prestasie waarop ons uiters trots is.
Sy is verder vereer met ereklere vir die Nasionale Gauteng Kampioenskappe en is opgeneem in die A-span – ’n groot eer wat getuig van haar toewyding, talent en harde werk. By die Parys-skou in Desember het sy ook ’n uitstekende 6de plek behaal.
