Baie geluk aan die vyf rugbyspelers van Hoërskool Carletonville wat gekies is om van 1 tot 5 Julie 2025 aan die Rhino Week deel te neem! Julle harde werk en toewyding word beloon, en ons is trots om te sien hoe julle Callies se naam hoog hou.

Die volgende spelers is gekies vir die span:

Asemahle Sigoxo

Morne Ainsley

Andru Botha

Lazola Mbangata

Reabetswe Letlabika

Ons is ook baie trots op die afrigters van hierdie span. Die span word afgerig deur Mnr. SP Botha (hoofafrigter), wat ook as voorsitter van die Rhino Week dien. Mnr. M. Lewiiton en E. Möller is ook betrokke as afrigters van die span.

Die Rhino Week vind plaas by die Vaal Universiteit van Tegnologie (VUT) in Vanderbijlpark en is ‘n belangrike geleentheid vir jong rugbytalente om hul vaardighede te wys en teen ander streke mee te ding.