
Callies se 1ste span het met ‘n indrukwekkende oorwinning in een van die mees spanningsvolle wedstryde van die seisoen, ware kampioensgees getoon en bewys waarom julle die titel verdien. Callies wen Hoërskool Jan Viljoen 22 – 20. Mooi so manne! Julle is Ysters!!
Baie geluk aan ons afrigters en tegniese span, Mnr. SP Botha, Mnr. Johan Bezuidenhout,

Mnr. Mossie Lewitton en Me. Suné Lewitton vir jul uitsonderlike leiding en toewyding gedurende die seisoen.
Dankie aan al ons lojale ondersteuners wat in hul honderde opgedaag het – julle ondersteuning beteken vir ons baie.
