Hoërskool Carletonville ontvang die trofee vir die 1ste plek van 12 skole.

Hoërskool Carletonville is slegs 1 van 3 skole uit die 12 skole wat verbeter het op 2019 se uitslae.

Ons toppresteerder Elzanie van Wyk word aangewys as die Top student van Merafong en ontvang ‘n beurs van R100 000 van Harmony en ‘n skootrekenaar en trofee van Sibanye Stillwater as een van die Top 3 leerlinge van die Model C-skole.

 

Tshepang Thoabala van Hoërskool Carletonville ontvang ook ‘n skootrekenaar en trofee van Sibanye Stillwater as een van die Top 3 leerlinge van die Model C-skole.