Wat ‘n wonderlike ervaring was dit, die afgelope twaalf jaar het ek Wiskunde, Skeppende Kuns, Lewensoriëntering en Taal aangebied by Hoërskool Carletonville aangebied. Ek het ook Hokkie afgerig.  Ek was deel van ‘n wonderlike familie en kultuur by Callies.

Ek sien baie uit na ons toekoms in die Verenigde Koninkryk, waar ek Wiskunde sal gee, Key Stage 3 en 4, aan die Lincroft Academy in Bedfordshire.

Dit kan koud word, maar my herinneringe aan Callies sal vir altyd warm wees in my hart.

Baie dankie aan al my pragtige leerlinge, julle het my meer geleer as wat ek julle ooit geleer het. En kollegas, julle is wonderlike mense en sal sekerlik gemis word.

 

Groete

Veroeshka Botha