Merafong munisipaliteit vereer jaarliks die toppresterende Graad 12’s van die omgewing tydens ‘n gala-funksie. Die top 10 presteerders van elke skool word by hierdie funksie gelukgewens en sertifikate van uitnemendheid word aan elkeen oorhandig. Hierdie jaar was dit voorwaar ‘n trotse geleentheid toe Dalene Kirchner aangewys is as die Toppresteerder en Nathan de Lange beklee die 3de posisies in Merafong vir 2019. Hierdie twee leeringe is elkeen beloon met ‘n skootrekenaar van Harmony.

Nathan de Lange – 3de plek
Dalene Kirchner – Toppresteerder