Om die hede te verstaan en u houding oor die toekoms te verander, moet u eers meer oor die geskiedenis van ons wonderlike land leer. Van Callies se graad 10-geskiedenisleerders het op die jaarlikse uitstappie na die Apartheidsmuseum gegaan om meer te leer in verband met die geskiedenis van Suid-Afrika. Ons is soos verwag ontmoet deur die vriendelike personeel en die toergids Mduduzi wat die dag baie aangenaam gemaak het. Ons is baie beïndruk met die instandhouding en die nuwe opgraderings by die museum.

 

“Onderwys is die kragtigste wapen wat u kan gebruik om die wêreld te verander” Nelson Mandela

Juan Meyer

Geskiedenisonderwyser