Ons is baie trots op die Engelse Dramagroep met die toneelstuk ‘An Inspector calls’ wat die volgende met hul optredes bereik het.

Hulle het deelgeneem aan die Carletonville Kunstefees waar hulle ‘n 80% behaal het. Hulle het ook aan die RACA Eisteddfod deelgeneem en Goud (80 – 89%) ontvang. Ons wil hulle graag  gelukwens met uitstekende vertonings.

Groot dank ook aan die regisseurs:  Me. M.Viljoen en J. Oosthuysen asook elke talentvolle leerling.