Dié toneelseisoen was weer een van dié wat ons nog vir lank sal onthou. Graag wil ons eers van die geleentheid gebruik maak om al ons ouers en getroue ondersteuners weer te bedank vir al die hulp gedurende die seisoen.

 

Die Afrikaanse toneelgroep het hierdie jaar weer hul staal gewys op die verhoog met die toneelstuk “Behoort” geskryf deur Retief Scholtz. Tydens die RACA Eisteddfod is hul beloon met ‘n Platinum sertifikaat (90-94%). By die ATKV-Tienertoneelkompeitise ontvang hulle ‘n sertifikaat vir kostuums en grimering. Hul seisoen word op ‘n hoogtepunt afgesluit met die Carletonville kunsfees waar hulle as algehele wenners en medaljewenners aangewys word met ‘n 90%.

 

Groot dank aan die regisseurs: Me. R. Lewitton en J. le Roux asook elke talentvolle leerder vir hulle harde werk.