Ons as Callies-leerders, ouers sowel as mense in die gemeenskap het ‘n Carletonville-span bymekaar gekry vir hierdie fantastiese inisiatief wat ‘n landwye projek is vir minderbevoorregte kinders, sodat hulle ook ‘n geskenk kan kry met kersfees.

 

 

 

Jy pak ‘n versierde skoendoos met die volgende geskenkies: tandeborsel, tandepasta, waslap, seep, lekkers, speeding, stel klere en skryfbehoeftes. Dit moet asseblief alles nuut wees. Jy kan kies vir ‘n seun of meisie van ‘n sekere ouderdom van 3 tot 14 jaar.

 

Ons kry alles voor 10 Oktober en lewer dit af. Vir meer inligting kontak asseblief vir Me. Vicki Wessels (0794908457) by Callies.

Op die stadium het ons reeds 225 beloofde geskenkbokse.

 

 

Kom ons raak betrokke asseblief.