Op 17 Junie het ‘n groep studente en ek, mnr. J Meyer, vir ‘n 10-daagse reis na Europa vertrek. Ons het die geleentheid gehad om die beste wat Europa bied te ervaar. Ons toer het die volgende ingesluit die Eiffeltoring, die Arc de Triomph, die Champs Elysee, die Louvre, die Atomium, die Anne Frank-huis en nog vele meer aantreklikhede. Ons het die “hustle and bustle van Parys ervaar, die groot historiese waarde van Brussel en Brugges en die absolute skoonheid van Nederland: Delft, Gouda, Culemborg, Utrecht en Amsterdam. Ons studente het die Europese kultuur, kos en lewensstyl eerstehands ervaar en sien uit na die volgende reis in 2020. Die enigste manier om ons Europese ervaring te beskryf is C’est Magnifique!

 

Atomium, Brussels

 

Jan van Riebeeck se huis, Culemborg