Verskeie ouers , onderwysers van Callies en Dames van die omgewing het hierdie jaar IMG-20181026-WA0014voortgegaan met die Kombersie-projek. Die projek het op 18 Julie 2018 begin en saam met al die blokkies wat reeds ontvang is staan ons op ‘n totaal van 98 kombersies waarvan 13 kombersies reeds geskenk is aan die Ons Huis tehuis vir bejaardes met Alzheimers.

Ons Wil graag alle ouers en leerlinge betrek en vra om blokkies te brei of hekel 12/12cm. Ongeveer 25/30steke.

 

Ons benodig dringend nog wol om hierdie projek aan die IMG-20181026-WA0011gang te hou met almal wat so fluks brei en hekel. Groot asseblief ons aanvaar enige “double knit” wol. Alle wolskenkings of klaar blokkies kan by Callies ingegee word vir Me. Wessels.

 

Vir meer inligting oor hierdie projek wat duur tot volgende jaar in Junie kan jy gerus by ons Facebook-blad “Omgee Handjies” aansluit of Me. Wessels by 079 490 8457 skakel.

 

IMG-20181026-WA0015