Callies se Senior Krieket beleef ‘n goeie seisoen. Die span speel in die Wesrand T20 Reeks en is tans onoorwonne in die reeks. Hulle stormloop tot nou verloop as volg: Hulle wen Glenharvie met 9 paaltjies, Carleton Jones High school met 5 paaltjies en Hoërskool Westonaria met 143 lopies. Met die prestasies eindig hulle heelbo in die Goue Liga poel.

In die sem-finale het hulle teen Hoërskool Noordheuwel te staan gekom. Callies kolf eerste en teken 158/2 in die 20 beurte aan. Pedrie Coetzee 88 lopies nie uit nie en Wian van der Westhuizen 37 nie uit nie. Pedrie Coetzee neem ook 5 paaltjies en ‘n uitstekende boulvertoning deur die boulers van Callies beperk Hoërskool Noordheuwel tot 121/9. Callies kom op Woensdag, 17 Oktober in die finaal teen Hoërskool Monument te staan.

SeniorKrieketspan