Baie geluk aan een van ons 1ste Rugbyspan spelers, Pedrie Coetzee wat gekies is vir die APCAN o/18 Uitnodigingspan wat vanaf 7 – 16 Desember toer na Ierland.

Pedrie beleef ‘n goeie jaar omdat hy vroeër die jaar ook gekies is vir Goue Leeus Akademie 15-tal. Die span het gedurende die wintervakansie deelgeneem aan die Akademiese rugbyweek in die Paarl.

 

 

Pedrie Coetzee