Die senior engelse toneel groep het weereens ‘n uitstekende werk daarvan gemaak ‘n komiese ‘toespraak’ op die planke te bring. Hierdie toespraak was een van ‘n onbekende groep wat die onderwysers van ‘n skool ontvoer het om sodoende ‘n belangrike boodskap aan die graad 8’s te bring. Hulle het vir die graad 8’s gewys wat is die weg daartoe om hoërskool te oorleef, sonder om baie hard te probeer…

Die harde werk van die toneelgroep is beloon met ‘n 94% platinum toekenning van RACA Eisteddford, en ook met ‘n 92% platinum toekenning van die Carletonville Kunstefees.

Ons sien uit na die opwindende optrede wat ons beplan vir volgende jaar!

IMG_5288